Ma se bors
Op Moedersdag-oggend verwonder Zhandi van Zyl haar oor die intieme vertroulikheid (en verraad) van kraters en kuste; oor hoe alles toe uiteindelik ‘n kwessie van beligting geword het.
Alles rondom haar liggaam blyk fronsend te wees. Voor die vlermuis spieëlkas betrag sy hierdie verraad. Die mondhoeke hangend, die ekstra wangvelle-vou wat sy verlede jaar begin opmerk het, die halfmane onder haar oë (sy lyk moeg), die antependulus borste tydelik uit hul harnas verlos. Areola soos platgedrukte rose; ‘n vrolike kleur, ’n verkeerde fasade. Die naeltjie soos ’n ongelukkig emoji wat die merke op haar uitgerekte maagspiere afkeurend uitskel. En onder die derde blosende rol, ’n vet (ver)donker(ende) hiperbool. Die hobbel saalsakke wat sy elke maand goed en getrou afmeet en opskryf; die terreur van die skrobberende blou plastiek maatband wat bepaal, treur of triomf. Die vel aan die binnebeen wat, wanneer sy in die kar inklim, onder haar romp saamskrompel, en haar laat dink aan ‘n geflopte melktert; terselfdertyd klonterig en geskif. Maar met ’n moesie.
Keep reading with a 7-day free trial
Subscribe to knaap vol. 3 to keep reading this post and get 7 days of free access to the full post archives.



