Wemar
Ek dink eerste aan my voete. My kop het die jare verloor, my presiese ouderdom daai middag vaag, maar my voete weet nog hoe die sand eers warm was en later koel geword het. Hoe klippies onder sagte vel groter word en hoe stof aan bloed kleef voordat ek kan besluit of dit mag seer wees.
Jou lyf onthou nie netjies nie.
Eerder eerlik, veral wanneer daar…

